Willie Botha by AGS Kerk

Gospelsanger Willie Botha besoek AGS Kerk op Sondag 3 Junie. Almal is welkom om die dienste by te woon.

THABAZIMBI – Die Gospelsanger Willie Botha besoek AGS Gemeente op Sondag 3 Junie.

Met die oggenddiens om 09:30 gaan almal saam met hom kuier met pragtige gospel musiek, maar tydens die aanddiens om 18:00 gaan Willie ‘n baie besondere en spesiale lesing met die onderwerp Verhouding, aanbied.

Almal is welkom om die diens by te woon. Hou hierdie datum oop en bring geld saam om ‘n CD te koop. Kontak pastoor Stephen Enslin by 0834106482 vir verdere navrae.