SAVOF Nasionale Feeder Kampioenskappe 2012

Tokkie Burger besig om hard te konsentreer om die vis te sien byt.

VAALDAM – Die naweek van die 12 -13 Mei het van die Top Feeder Hengelaars in Suid Afrika teen mekaar gekompeteer in die SAVOF-toernooi wat oor 2dae gestrek het. Die Protea, SASCOC, SAVOF en SAVOF meester spanne was betrokke by die kampioenskappe.

Die kompetisie was gehou by Vaaldam waar die koue dit taamlik moeilik gemaak het om die vis aan die byt te kry. Op die einde van die dag is daar wel ‘n paar visse gevang en dit was moontlik om die rangorde te bepaal tussen die hengelaars en spanne.

Die  amptelike uitslae na die 2dae se hengel was, die SASCOC span eerste geëindig met die Protea span in die 2de plek, SAVOF het 3de plek geneem en die SAVOF Meesters Span het laaste geëindig.

Die individuele uitslae is soos volg, en dit het dan ook die rangorde van die feeder hengelaars in Suid Afrika bepaal: Bertie de Jager van die SASCOC Span het as algehele kampioen uitgetree, Tokkie Burger van Northam Platinum Hengelklub wat vir die SAVOF Span Hengel, het algeheel 2de geëindig en 3de was Neville Foord van die Protea Span. Baie geluk aan Tokkie Burger met die uitsonderlike prestasie.