Community

Red ons kunste en beleef kultuur

NaviRedd bied hope warmte en vermaak by KunsteGrot

THABAZIMBI – Dit lyk al asof die winterkoue die inwoners van die Bosveld in ‘n geweldige greep het. ‘n Gewaarborgde “warm”, gesellige aand – letterlik en figuurlik, saam met Navi Redd is net die ding om ons bewus te maak van die uitstekende musiektalent waaroor ons hier in Suid-Afrika beskik.

As ons nie die plaaslike pogings om bekende kunstenaars en akteurs op eie bodem te sien optree ondersteun nie, sal hierdie geleentheid vir ewig verlore wees en sal ons honderde rande asook kilometers moet afstaan om hulle in die groter sentra te siene te kry. Nie om eens van die uitgawe aan verblyf te praat nie. Selfs KunsteGrot-vriende uit die stad geniet dit om die kunstenaars hier te sien optree.

Hierdie optredes is nie in die klas van toevallige geldinsamelingsoptredes soos deur skole, kerke en diesmeer aangebied word nie, maar maandeliks word kunstenaars gekry om u te vermaak. Sang en toneel wat jy net by die KKNK, Aardklop en Innibosfees te siene kry word hierheen gebring. Ondersteun hierdie aksie.

Kaartjies vir Navi Redd se vertoning op Saterdag, 23 Junie is nog beskikbaar! Net R130pp en jul kry ‘n lekker gratis sjerrie’tjie en heerlike vermaak. Om kaartjies te bekom is ewe maklik. Doen die inbetaling en kry die kaartjies Saterdagaand by die KunsteGrot. Ons skroom nie om ons kaartjies vir vertonings in die stad oor die internet te doen nie. Gebruik jou internetbank en dieselfde gerief bestaan hier plaaslik.

Bank besonderhede is Standardbank, Thabazimbi Takkode 054246

Spaarrekening, KunsteGrot, Nommer, 347247032, Verwysing, datum van optrede, jou naam. Stuur bewys na 083 7448559 /rivol@telkomsa.net

Dewside Restaurant en Kroeg sal na afloop van die vertoning aan teatergangers addisionele warmte bied met ‘n bakkie sop en broodjies en ‘n glas warm Gluh-wein. Dit teen slegs R40 per persoon.