Nuwe GPFS vir Makoppa

Makoppa se nuwe GPSF is voor vlnr: Kaptein Thapela (SAPD), Adjudant Langa (SAPD), Kst Papo (SAPD), Kst Rambuda (SAPD) en R/Kst Tumo (SAPD). Agter vlnr: Fanie van der Linde (Voorsitter: Makoppa GPSF), Gys Pienaar, Lt Segothla (SAPD), Willem Engelbrecht (Ondervoorsitter: Makoppa GPSF) en Schalk Engelbrecht tydens ‘n padblokkade operasie gehou tussen SAPD en boere van Makoppa.

MAKOPPA – ‘n Nuwe Gemeenskapspolisieërings Subforum vir Makoppa funksioneer reeds sedert April vanjaar. Boere van Makoppa wat by die forum wil inskakel kan die Voorsitter, mnr Fanie van der Linde, kontak by 083 627 8113 of die Ondervoorsitter, mnr Willem Engelbrecht by 083 787 2542.