Northam Helpende Hand Hou “Blikskud Dag”

Foto: vlnr: Die dames van Northam Helpende Hand wat aan die blikskud deelgeneem het is vlnr Mari Meintjes, Angela Potgieter, Marinda Gagiano, Maritza Hasebroek, Rene Laas, Annatjie Dreyer, Madeleine Meintjes

NORTHAM – Die dames van Northam Helpende Hand het op Saterdag 2 Junie 2012, byeengekom om fondse te in vir die aankoop van komberse vir behoeftige gesinne. Dit het heelwat moed gekos om hul blikke te skud om geld in te samel, maar binne ‘n paar uur het hul genoeg fondse gekry om komberse aan te koop. Die lede van die gemeenskap wat bygedra het, word hartlik bedank.

Daar bestaan tans groot nood in die vorm van gesinne wat met siek en gestremde kinders nie genoeg fondse het om vir die kinders se medikasie of operasies te betaal nie. Die gemeenskap word gevra om die onderstaande nommer te skakel om meer inligting te kry. Indien u van enige hulp kan wees, of meer te wete wil kom oor die werksaamhede van Helpende Hand, skakel of sms Mari Meintjes 082 086 4915.