Mylpaal vir Welgemoed-egpaar

Oom Ben en tannie Tienie Welgemoed het verlede week hul 57ste huweliksherdenking sowel as oom Ben se 80ste verjaarsdag gevier.

THABAZIMBI – Oom Ben en tannie Tienie Welgemoed, inwoners van Thabazimbi vir etlike jare, het saam die afgelope week `n besonderse mylpaal in hulle lewens behaal.

Die egpaar het op Maandag 4 Junie 2012 hul 57 jare van gesamentlike geluk gevier met die herdenking van hulle troudag. Die kersie op die koek was dan ook verder oom Ben se 80 ste verjaarsdag op Woensdag 6 Junie 2012.

Tannie Tienie woon haar hele lewe reeds in Thabazimbi waar sy ook aktief betrokke was in die gemeenskap. Hierdie deelname word ook bevestig met meer as 50 jaar se lidmaatskap aan die Vroue Landbou Unie, waar sy ook `n leidende rol gespeel het. Net so het oom Ben na afloop van sy skoolloopbaan op `n jeugdige ouderdom begin werk op Thabazimbi en die res van sy lewe hier geslyt het. Nie net in sy kerk maar ook in die boere gemeenskap het hy sy plek vol gestaan waar hy ook `n leidende rol gespeel het.

Die Thabazimbi gemeenskap eer hulle vir die pad wat hulle saam gestap het en die voorbeeld wat hulle daar gestel het om positief  betrokke te wees in jou gemeenskap.