KBW laaste poppekas

Die SAVF Care-groep het ook die boodskap van kinderbeskerming aan Laerskool Platina in Swartklip gebring, vlnr: Minnie muis, Mnr Loots (Hoof van Platina laerskool), Robbie die robot, Mickey muis.

THABAZIMBI – Die SAVF Care-groep het vandeesweek die laaste Kinderbeskermingsweek-poppekas vertonings aangebied. Hulle doel was om soveel moontlike bewusmaking by skole te skep rondom die beskerming van kinders sowel as om die omgewing te bewaar.

Die gemeenskap bedank die groep vir hul suksesvolle poging en hul liefde vir die kinders.