Huweliksklokke – Koekemoer egpaar

Jacques Koekemoer, seun van Gerrie en Jackie Koekemoer en Su-meri Pelser, dogter van Stompie en Zettie Pelser is op 5 Mei deur ds Hennie van der Linde te Knysna by Brenton on Sea op die strand in die huwelik bevestig. Die egpaar vestig hul in Thaba.