HFM spog met nuwe Elektriese Sentrum

Die Gr 11 Elektriese leerlinge van HFM by die nuwe opleidingsborde, vlnr: T Tullues, H Coetzee, D Nel, M Dwinger, B Mitton, J Meyer en S Coetzee saam met hul onderwyseres, me S van der Linde.

THABAZIMBI – ‘n Splinternuwe Elektriese Sentrum is op 10 Mei 2012 amptelik aan HFM oorhandig.

Hierdie projek is geïnisieer deur die Departement van Onderwys en die fondse is verkry van IDT [Independant Development Trust]. Le Thola Cost Associates [Pty] Ltd is aangestel as konsultante. Die gebou is opgegradeer deur Makgoba Building and Projects cc en Ludri Elektries het die opleidingsborde in die sentrum gebou en geïnstalleer.

Ludri Rautenbach en Ludri Jnr het puik werk verrig en die ekstra tree geloop om ‘n model opleidingsentrum te skep. Die sentrum is toegerus met: 7 x Motor simulasieborde; 7 x Huisbedradingsborde; 5 x nuwe Elektriese toetsbanke met oscilloscope; 3 x 4-toetsborde vir beligting skakeling; 1 x werkbank om toetsapparaat te bestudeer en 2 x werksborde toegerus met 5 rekenaars.

Die Elektriese leerlinge saam met hul onderwyseres, Me S van der Linde, gaan baie baat vind uit die sentrum.