HFM Eisteddfod

Die drie leerlinge van HFM wat puik presteer het tydens Eisteddfod, vlnr: Bealde Enslin, Gerdri Eloff en Corli-Elize van den Berg.

THABAZIMBI – Drie begaafde leerlinge van HFM het op 12, 18 en 26 Mei aan Eisteddfod te Pretoria deelgeneem. Hul uitslae is as volg:

Bealde Enslin: Sang 2 A++, 2 A+, Geestelike lied: A+, Anderstalige lied: A+, Jazz lied: A++ en Pop liedjie: A++. Corli-Elize van den Berg: Drama: A en A+, Poësie: A+ en Gedramatiseerde Poësie: A. Gerdri Eloff: Solosang: Geestelike lied: B, Volksliedjie: A, Afrikaanse lied: A, Engelse lied: B+, Mikrofoonsang: Geestelike lied: A, Rolprent lied: A+ en Afrikaanse lied: A, Drama: Poësie: A++, Gedramatiseerde Poësie: A+, Gedramatiseerde Prosa: A+ en Prosa: A.