Grafsteensangers sorg vir lekker laf-vermaak

THABAZIMBI – Die Grafsteensangers het Saterdagaand weereens Thabazimbi se gehoor by die KunsteGrot met hul vertoning vermaak. Die vertoning genaamd Ou Ryperd, het sedert die vorige vertoning ‘n paar karakters bygekry en Ouma is nou volledig deel van die groep.
Buiten die tweeling wat tussen huwelikke gebore is, het daar ook nou ‘n kleinseun opgeduik. Geen verduideliking is gegee uit wie se huwelik hy gebore is nie. Die groep het ook ‘n nuwe klankman wat hom uitstekend van sy taak gekwyt het.
Die aand se vertoning is met ‘n lekker warm koppie sop en tuisgebakte broodjies afgesluit.
Die groep sê dat hulle Thabazimbi, sy mense en die gehoor met elke besoek van hulle geweldig geniet en bedank die gemeenskap ook vir hul gasvryheid.