Breinaalde klap by VLU

Tarina Welgemoed hard aan die brei gedurende die VLU vergadering.

MAKOPPA – Die dames van VLU Strewe-tak het die Junie-maand vergadering by Gerda Kotze gehou.

Elke dame is besig met ‘n gebreide of gehekelde kniekombersie vir Tambotie-versorgingsoord. Al breiende of hekelende het die dames heerlik saam gekuier.

Die volgende vergadering is op 17 Julie wanneer hulle Koekversiering gaan bemeester. Enige navrae by Ilna Schutte 0827748803.