BCVO leerling presteer by Redenaarskompetisie

Rouxnette Boshoff het op Louis Trichardt deelgeneem aan die Noord Transvaal Redenaarskompetisie van die BCVO op 25 Mei te Zoutpansberg CVO. Haar onderwerp was “mors leer lesse”. Sy het teen 16 deelnemers in die Graad 4-groep meegeding en 79.5% behaal.