Griekeland staptoer 16 – 30 April 2012

Die toergroep wat na Griekeland toe was van 16 tot 30 April. Agter vlnr: Oom Melt, Kosie en Marius. Tweede ry vlnr: Joy, Tannie Annetjie, Rina, Oom Wyn, Retha, Marthie, Annes, Oom Piet en Alan. Eerste ry vlnr: Freda, Ina, Jorina, Elna, Jessie, Hester, Monica en Janet.
Voor vlnr: Annelize en Nicos.

Vanaf 16 tot 30 April het “Senior Toere” gereël vir ‘n paar Suid Afrikaners om die Noord-Westelike deel van Griekeland aan te durf met ons stapstokke en –skoene. Wat ‘n wonderlike en unieke ervaring was dit nie!

21 Van ons stappers regoor die hele Suid Afrika, het saamgegaan. Elke provinsie was verteenwoordig om die eenkeer-in-‘n-leeftyd ervaring te geniet. Meeste stappers stap die groter roetes in Suid Afrika soos: Die Otter, Visrivier canyon, Amatola of die Drakensberge, maar ‘n klein groepie het besluit om die jaar ‘n ander stap ervaring te hê.

Om in Griekeland te gaan stap is soos om te toer. Die staptoer was dan ook so uitgewerk, met die klem wat deurgaans geplaas is op die ervaring van die plaaslike kos, mense en omgewing. Ons het die belangrikste besienswaardighede in Griekeland wel besoek, maar ons het ook plekke besoek wat die gewone toeris nie altyd sien nie.

Plekke soos die Propolis in Athene en ‘n lieflike taverne,  met plaaslike Griekse musiek en kos is wel besoek en die bekende eiland Skopelos, waar groot gedeeltes van die film “Mamma Mia” geskiet is, was van die hoof punte op die toer agenda.

Vir navrae kan Annelize le Roux van Senior Toere in Franschhoek, gekontak word by: 083-261 1300 of 021-876 3095