TBZ kleuterskool beste in Limpopo

Me Susarie le Roux, Hoof van SAVF Hansie en Grietjie Kleuterskool wys trots die sertifikaat wat haar kleuterskool verower het.

THABAZIMBI – SAVF Hansie en Grietjie Kleuterskool het deelgeneem aan ‘n kompetisie wat vir SAVF Kleuterskole in die Limpopo provinsie aangebied is.

Hansie en Grietjie Kleuterskool het gewen en ‘n sertifikaat vir Dagsorg van die Jaar asook R500 prysgeld ingepalm.

Die toekenning is aangekondig tydens die SAVF konferensie wat op Woensdag 9 Mei te Polokwane gehou is.