Seuns en Dogtersdag by Laerskool

Tydens die beoordeling van die Masterchef toebroodjies, agter: Elrie Human. Voor vlnr: Carlie le Roux en Chanté Lottering.

THABAZIMBI – Die jaarlikse Seuns- en Dogtersdag het op 9 Mei 2012 by Laerskool Thabazimbi plaasgevind.

Die dogters het Masterchef toebroodjies in die saal “gebou” terwyl die seuns op die B veld gekyk het na ‘n bokafslagdemonstrasie. Hulle het ook ‘n beurt gekry om met ‘n windbuks asook ‘n kruisboog teiken te skiet. Die meisies het na die beoordeling van hulle broodjies ‘n Netbal wedstryd gehad waarna almal heerlik saam piekniek gehou het.