Probleem met water rekening

Ek bly in Northam en ek was vir afgelope 4 maande nie by my huis nie, maar op my Munisipale rekening staan dat ek op 2  Maart op verskeie tye omtrent ‘n swembad volgemaak het met die eenhede wat hulle op die rekening gesit het.

Ek gaan toe na die Northam Munisipaliteit en surprise-surprise, hulle netwerk is NOGSTEEDS af (Ek was Januarie daar om uit te vind waar is my water lesings is, want net my krag is op die rekening, maar toe was die sisteem al af). Miriam, die Northam Munisipale kantoor dame sê ek moet na Thabazimbi toe kom, want hulle kan niks vir my doen in Northam nie. Kom in Thabazimbi en hulle sê ek moet die minimum betaal anders sit hulle die water af.

Nou vra ek soos wat soveel mense dink in Northam, waarvoor kry hulle in die Northam kantore ‘n salaris as hulle nie eers op die netwerk kan kom nie, ons moet ons eie lesings nou ook lees en vir hulle sms en ook met die vuilis verwydering  moet ons voor betaal, maar dit word nie verwyder nie. Die Miriam het self vir my gesê dat ek dit voor hulle kantore moet kom aflaai.

Waar gaan ons die streep trek?

Genoeg is genoeg

Northam bewoner