Masterchef Potjiekoskompetisie uitslae

Medhof apteek wen die prys vir beste spangees, terwyl Danie van Niekerk aangewys is as die Commonste persoon van die dag.

THABAZIMBI – Die Masterchef Potjiekoskompetisie wat op Saterdag 14 April by ‘Nader Gastehuis aangebied is, het gesorg vir groot sports. Nie net het die verskeie potjiekosspanne vir heerlike etes gesorg nie, maar het hulle saam met die gemeenskap deelgeneem aan die verskeie boeresport kompetisie.

Die spanne was Medhof apteek, BMG en Van Heerden Apteek, Pick & Pay en Bronkies Stene en Vervoer. Die span van Pick n Pay het die prys gewen vir die Commonste potjie. (Foto’s reeds gepubliseer) terwyl BMG en Van Heerden Apteek die prys vir die smaakvolste potjie gewen het (geen foto beskikbaar). Almal het dus ‘n prys gewen.

Die organiseerders bedank almal wat die dag bygewoon het asook die borge wat die dag moontlik gemaak het, Liquorzone, Foodzone, Bidvest food services, Creative Minds, TrenTyre, Nela Roux, Melk-kan, Shoprite Thabazimbi, Medhof Apteek, DOH en Obaro Thabazimbi.