LS Atlete

Atlete van Laerskool Thabazimbi het Saterdag 5 Mei aan ‘n landloop byeenkoms deelgeneem en hulle het hulle baie goed van hulle taak gekwyt. Die atlete het almal onder die top 10 geëindig in hulle onderskeie afdelings. Voor vlnr: Marinus Viljoen (derdeplek in 2km seuns O/9) en Thato Mothudi (9de plek in die 3km vir dogters O/11). Agter vlnr: Mothusi Gomba (10de plek met die 4km vir seuns O/13), Pieter Lamprecht (7de plek vir seuns O/12) en Andile Peter (10de plek met die 4km vir seuns O/13). Die volgende landloop byeenkoms is Saterdag 19 Mei te Marble Hall.