Kansa opsoek na gemeenskapsmobiliseerder

THABAZIMBI – Dit is met ‘n seer hart dat Kansa vandeesmaand vir Suster Adel da Silva groet wanneer sy weer terugkeer Rand toe nadat haar man verplaas is.

Kansa is dringend op soek na ‘n gemeenskapsmobiliseerder op Thabazimbi. Dit is ‘n halfdag betaalde pos en die geskikte persoon moet basies die Kansa dienste in julle omgewing lewer. Kansa wil graag in die inwoners van Thabazimbi se behoeftes voorsien ten opsigte van dienslewering, pasiëntesorg, aanhuis besoeke en dies meer. Kansa Thabazimbi het altyd onder Rustenburg sorteer maar Kansa Waterberg sal voortaan dié tak onder hul vlerk inneem.

Kontak Lucinda Viljoen (Gemeenskapsmobiliseerder) by 014 717 4741, faks CV’s na 086 542 8520 of epos na lviljoen@cansa.org.za.