Gholf teen PHS

POLOKWANE – HFM se Gholfspanne het Vrydag, 11 Mei teen PHS op Polokwane gespeel.

Die seuns het goeie gholf teen ‘n baie goeie PHS gespeel, maar PHS was moeilik om te klop op hul tuisveld. A-span verloor hul wedstryd 4-0 en B-span speel 2-2 gelykop.

Hulle speel weer vandag, 18 Mei, teen Potgietersrus. Al drie die spanne lyk goed om liga-wenners te wees. Jaco Jacobs speel die beste gholf vir die dag met 82 houe.