724 visse by Northam Hengelklub Oornag Kompetisie

Die wenners van die Northam Hengelklub Oornag Kompetisie, agter vlnr: Vlooi van Greunen, Gerald Burger, Mauritz Claassen, Theuns Botha en Wikus Pretorius. Middel vlnr: Judith Pretorius, Cindy Cunningham en Conrad McCarthy. Voor vlnr: Armand Pretorius, Christiaan McCarthy, Zander Erlank en Eddie Phago.

NORTHAM – Northam Platinum Hengelklub het die afgelope naweek van 12-13 Mei ‘n oornag Klub Kompetisie gehad by Northam Concentrator Dam.

Daar was 54 hengelaars wat die kompetisie bygewoon het en die vis het goed gebyt, vir die 24uur was daar 724 vis uitgetrek met ‘n massa van 460.11 kg. Die swaarste sak het die kompetisie gewen. Die wenners van die verskillende afdelings is:

Mans: 1ste Theuns Botha ( 35.30 kg ), 2de Gerald Burger en 3de Wikus Pretorius. Dames     : 1ste Cindy Cunningham ( 17.30 kg ), 2de Judith Pretorius en 3de Vlooi van Greunen. Juniors: 1ste Mauritz Claassen ( 21.08 kg ), 2de Conrad McCarthy en 3de Armand Pretorius. Penkoppe: 1ste Christiaan McCarthy ( 6.96 kg ), 2de Eddie Phago en 3de Zander Erlank.