Wildveilings raak lewendig

THABAZIMBI – Pryse behaal tydens verlede Vrydag se wildveiling, aangebied deur Thabazimbi Wildlife Services, op Thabazimbi toon ‘n styging in die prys vir gewone wild teenoor pryse behaal tydens vorige veilings.

‘n Totaal van 296 wilde diere is verkoop teen ‘n totale omset van R3 002 650. Hiervan het die katalogusveiling R698 000 uitgemaak. Dit gee ‘n gemiddeld van R10 144 per stuk wild wat verkoop is. Tydens Bundox Wildlife Services se veiling sowat ‘n week voor hierdie is 179 stuks wild teen ‘n totale omset van R1 531 150 verkoop wat ‘n gemiddeld van R8 554 per stuk wild beteken. Laasgenoemde veiling het egter 4 wit renosterkoeie ingesluit wat teen R270 000 stuk verkoop is.

Beste pryse behaal tydens Thabazimbi Wildlife Services veiling was as volg:

(Vroulike diere) – Geel Blesbok – R65 000; Wit Blesbok – R3 000; Blouwildebees – R3 200; Buffelverse – R260 000; Eland – R5 100; Gemsbok – R6 100; Koedoe – R3 700; Rooibok – R900 en Burchell sebra – R5 100.

(Manlike diere) – Blouwildebees – R5 500; Eland R11 000; Koedoe – R17 000; Njala – R 11 500, Rooibok R1 250 en Swartwitpens R34 500.

Katalogusveiling (vroulike diere):

Kameelperd – R15 000; Blouwildebees – R 50 000; Hartwater springbok – R 9 000; en Swart hartwater springbok – R 26 000.