TBZ ruiters by Muldersdrift

Liandi Pienaar op WES BEE en Monica Willats op WESultan.

MULDERSDRIFT – Twee plaaslike perderuiters, Monica Willats en Liandi Pienaar, het aan ‘n Perdespring kompetisie te Mountain View Progressive Riding Academy op 15 April deelgeneem.

Daar was 16 ruiters wat in verskeie afdelings meegeding het. Monica Willats met haar nuwe perd, WESultan het ‘n sesdeplek verwerf, Liandi Pienaar, ‘n Gr 8 leerling van HFM, met WES BEE het ‘n derdeplek in die 80cm “Competition en ‘n tweedeplek in die 80cm “2 Precision and Speed” verwerf.