Skopboks bring medaljes huis toe

Lede van die Thabazimbi skopboksspan wat medaljes verwerf het gedurende die pas afgelope SA kampioenskappe te Pretoria is op die foto. Agter vlnr: Ian Rall, Francois Buys, Shihan Peet van Breda, Conrad du Toit en Kyle Dyer en voor vlnr is Rohan Erasmus en Willem Henning.

THABAZIMBI – Thabazimbi Skopboks het sy wen kultuur voort gesit deur sy hele span van sewe wat medaljes verower het tydens die SA-kampioenskappe in

Pretoria. Daarmee saam is vyf lede opgeneem in die SA-span wat aan die

“World Amature Kickboxing Organisation” Wêreld-kampioenskappe gaan

deelneem in September 2012.

Resultate met onderskeiding is gelewer deur Kyle Dyer en Rohan Erasmus wat elk twee goue medaljes verower het in twee verskillende afdelings, nl. ligte kontak en punte stelsel. Ian Rall het ook ‘n goud verwerf en sy vegkuns het hom onderskei as ‘n tegnies vaardige en trotse wenner. Shihan Peet van Breda het ook goud verwerf in die span kompetisie terwyl Francois Buys, Conrad du Toit en Willem Henning elk brons verwerf het onder uitdagende en mededingende kompetisie omstandighede met groot groepe vegters.

Dank word gerig aan die hele Thabazimbi Klub se lede gegee, want elkeen het ‘n bydrae gelewer tot mekaar se sukses. Thabazimbi Skopboks is trots op elke student en veral op ondersteunende ouers wat hul kinders bystaan. Geluk aan die uitmuntende wenspan wat deur afrigters, skeidsregters en die beoordelaars gekomplimenteer is as ‘n hoogs vaardige groep in vegkunste.