SAVF Thabazimbi bedank gemeenskap

Madelein Lambrecht (links) en Elbie Bekker (regs) vrywilligers van SAVF Thabazimbi by die stapel geskenkte blikkieskos.

THABAZIMBI – Oor die jare het die gemeenskap van Thabazimbi vir die SAVF so baie beteken en wil hulle graag van die geleentheid gebruik maak om dankie te sê vir alle donasies en hulp ontvang onder andere: Groot hoeveelhede kos en klere, vars vleis en groente, groot maat mieliemeel en selfs kerspakkies vir behoeftige gesinne. Kontant bydraes is ook ontvang wat aangewend word vir die “I care” fonds waar gesinne bygestaan word wanneer die kinders byvoorbeeld geassesseer moet word.

Ook groot finansiële hulp is ontvang vanaf kerke in die omgewing.

“Nogmaals baie dankie aan een en almal wat ‘n bydrae gemaak het, hoe groot of klein ook al, dit maak ‘n groot verskil in almal se lewens wat dit regtig nodig het.”