Nuwe lugreëlaars vir Bosveld Akademie

Andre Pretorius (links) saam met Jenny de Klerk Departementshoof van Bosveld Akademie (middel) en Andrieta Mhoroa van EJP/KEC kontrakteurs (regs).

THABAZIMBI – Die klaskamers van Bosveld Akademie sal heelwat koeler wees die somer nadat 11 lugversorgers onlangs aan die privaatskool geskenk is.

Mnr Andre Pretorius van NCC Environmental Services het die Eskom Madupi/Spitskop 400kv Kraglyn projek, net buite Thabazimbi, se omgewings monitering behartig en die projek se kontrakteurs (EJP/KEC) aangeraai om die skenking te doen as deel van hul Sosiale ontwikkelingsprogram vir die omgewing.

“Nou kan die kinders in beter, koeler omstandighede klas loop en studeer.” Het mnr Pretorius aan Kwêvoël gesê.