Noordwesklere vir 2 TBZ Hengelaars

Jan Bender (links) en Willem Heydenrych (regs) van Thaba Hengelklub het Noordweskleure verower.

ZEERUST  – Die Noordwesproewe vir die Meesters het plaasgevind tydens 26 en 27 Februarie te Zeerust dam asook 31 Maart tot 1 April by Vaaldam, Rooibult.

Die weersomstandighede was uiters ongunstig tydens die tweede proewe by Vaaldam en het die hengelaars egter gesukkel om die vis aan die byt te kry.

Van die Thabazimbi Hengelklub verower twee hengelaars hul Noordweskleure. Willem Heydenrych en Jan Bender het tydens hul eerste jaar van proewe-hengel sommer al gekwalifiseer vir Noordwes, wat ‘n besonderse prestasie is om te bereik.

Die ouer en meer ervare hengelaars in die sport, Theunis en Marietta Botha, van Northam Hengelklub het ook weereens gekwalifiseer vir Noordwes met Barry Dreyer van Swartklip, ook ‘n gesoute Noordweshengelaar. Vyf hengelaars uit die Bosveldomgewing kwalifiseer dus vir Noordwes en word in die span opgeneem wat aan die SA’s in November gaan deelneem.

Die Bosveld-hengelaars wens hulle alle voorspoed en sterkte toe tydens die voorbereiding van die kampioenskappe.