Nat lywe by waterballon-kompetisie

Op die warmste tydgleuf gedurende die afgelope Wildsfees is die waterballon-gooi kompetisie aangebied. Die deelnemers moes hard konsentreer om die ballon vir sy maat te gooi, sonder om die ballon, met sy heerlike koel water, te laat bars.