Maandelikse Hengelkompetisie by De Rust

Die wenners van die maandelikse hengelkompetisie, agter vlnr: Leon J van Vuuren, Herman Meyer, Tommy Swanepoel en Hannes Scheepers. Middel vlnr: Nicolene Heydenrych, Martie Murray en Desré Pretorius. Voor vlnr: Louwrens Kidson, Martin Scheepers en Deon Bender.

HARTBEESPOORT – Die Thabazimbi Hengelklub het die afgelope naweek hul maandelikse kompetisie by De Rust Hartbeespoortdam aangebied.

Ondanks die storm wat Saterdagaand die hengelaars se staanplekke op hul koppe gekeer het en die reën, het alles goed afgeloop.

Die dam het ‘n hele paar mooi karpies opgelewer. Alhoewel die dam egter berig is vir sy naghengel, het die hengelaars almal goeie vangste opgelewer.

Die wenners is bepaal deur die hengelaars wat die swaarste sakke gehengel het.

Die uitslae: Martin Scheepers wen in die Penkop afdeling. Juniors: Herman Meyer (eersteplek), Deon Bender (tweedeplek) en Louwrens Kidson (derdeplek). Dames: Nicolene Heydenrych (eersteplek), Martie Murray (tweedeplek) en Desré Pretorius (derdeplek). Seniors: Leon J van Vuuren (eersteplek), Tommy Swanepoel (tweedeplek) en Hannes Scheepers (derdeplek).