LS Platina spog met goeie drama

Me Debbie van den Heever (drama afrigter) saam met Laerskool Platina se drama leerlinge agter vlnr, Yvette Potgieter en Chanté Joubert. Voor: Jurie Blignaut.

SWARTKLIP – Drie drama-leerlinge van LS Platina tesame met hul afrigter het vanaf 9 tot 13 April aan die SA Drama Kampioenskappe te Rustenburg deelgeneem.

Chanté Joubert, Yvette Potgieter, Jurie Blignaut en Debbie van den Heever (afrigter van die drama skool) het ten spyte van sterk kompetisie, puik prestasies opgelewer.

Jurie Blignaut verwerf twee brons medaljes in die genres “Classical” en “Open”.

Me Debbie van den Heever verwerf ‘n silver medalje vir “Classical” en ‘n volle vier goue medaljes vir “Contemporary, Open, Dramatical en Comical” en tree as kampioen van haar ouderdomsgroep uit die stryd.  Sy is ook gekies vir die Nasionale span wat gedurende Julie vanjaar aan die Wêreldkampioenskappe gaan deelneem.

Die skool gee hierdie drama leerlinge en afrigter ‘n staande toejuiging vir hul uitmuntende spel. “Julle hou Laerskool Platina se naam hoog!”