LS Koedoeskop rugbyspelers

Gerdus Botha (links) – reserwe en Anthony Tomsett (regs) draf uit in die nommer 1 trui.

KOEDOESKOP – Twee O/13 rugbyseuns van Laerskool Koedoeskop het tydens die rugby Kringproewe op Donderdag 17 April te Laerskool TBZ deurgedring na die volgende rondte.

Die skool wens Anthony Tomsett en Dillen du Plessis baie sterkte toe vir die Areaproewe te Ellisras op Dinsdag 24 April wanneer hulle as deel van die Thabazimbi Kringspan sal deelneem. “Ons is baie trots op julle.”