Landloop

Landloop atlete van Laerskool Thabazimbi het op Saterdag 21 April aan die eerste ligabyeenkoms deelgeneem. Die byeenkoms het plaasgevind te Universiteit van Limpopo. Van die 13 atlete wat deel geneem het, het 3 atlete baie mooi presteer en onder die eerste tien in hulle onderskeie wedlope geëindig. Thato Mothudi behaal ‘n 9de plek vir 3 km dogters O/11, Pieter Lamprecht behaal ‘n 8ste plek vir 3 km seuns O/12 en Marinus Viljoen behaal ‘n 6de plek vir seuns O/9.