Laerskool Thabazimbi toer na Port Shepstone

Die toer groep op die lughawe net na hulle van die vliegtuig afgeklim het.

PORT SHEPSTONE – Die eerste netbal- en rugby spanne van Laerskool Thabazimbi het ‘n baie suksesvolle toer na “Sportweni” te Port Shepstone gehad. Die groep van 36 spelers en vier afrigters het op 25 Maart vanaf Lanseria lughawe per vliegtuig na Durban vertrek. Die eerste rugby span het al drie die wedstryde waar aan hulle deelgeneem het, gewen. Die netbal span het slegs kort oefenwedstryde gespeel. Die dogters het agt wedstryde gespeel waarvan hulle in ses wedstryde as wenners uit die stryd getree het. Die toer spanne het tuisgegaan in die Kapenta Bag Hotel en hulle het weer op 30 Maart van King Shaka lughawe in Durban terug vertrek na Lanseria.