Koedoeskop Netbalproewe

Michaela Beukes (O/13) het aan die Netbal Kring- en Areaproewe deelgeneem.

KOEDOESKOP – Die O/12 en O/13 Netbaldogters van Laerskool Koedoeskop het aan die Kring Netbalproewe deelgeneem en deurgedring tot die Area Proewe te Laerskool Thabazimbi.

Die O/12 spelers Hanré en Linmirie is by die Area Proewe verkies om aan die Streek proewe deel te neem. Die skool wens hulle alle sterkte toe. Michaela Beukes (O/13) het aan die Kring- en Areaproewe deelgeneem, maar nie tot die Streekproewe gevorder nie.

Foto 6451: O/12 dogters

Die O/12 netbaldogters van Laerskool Koedoeskop, agter vlnr: Corlia Hasebroek, Shalyn van der Westhuizen, Monique Lombard en Hanré Odendaal. Voor vlnr: Veruschka Pretorius en Linmirie Ras.