Inkleurkompetisie groot sukses

THABAZIMBI – ‘n Inkleurkompetisie wat geloods is tydens die Wildsfees was n groot sukses.

Deel van die jaar se Wildsfees was daar ‘n inkleurkompetisie geloods waar onder leerlinge van GrR tot Gr 7 kon deelneem. Die tema van die kompetisie was  “‘n dag by die wildsfees”. Wat egter duidelik was is dat die kinders veral na die pret ritte, die helikopter en na die “mini-doughnuts” die meeste uitgesien het.  Vier van die laerskole het deelgeneem en uit elke een uit was wenners gekies. Die pryse is aan die leerlinge by die  verskeie skole oorhandig, al die wenners en die naas wenners het ‘n Wimpy geskenksbewys en ‘n lekker goed pakkie ontvang. Die organiseerders wil graag aan Annema Denton van Wimpy en Hannes Coetzee van Thabazimbi Super Spar wat hierdie jaar die pryse geborg het bedank.