Hope vullis ìs gesondheidsgevaar

DA-lede, onderleiding van Raadslid Piet Strydom het tevergeefs probeer om een van die menigte vullishope in die RDP gebied in Northam op te ruim.

NORTHAM – Die maandelange ophoping van vullis in Northam, het inwoners nou al rasend.

‘n Groep DA-lede het op Vrydag 20 April ingespring om ‘n poging aan te wend om die rommel by die RDP gedeelte te verwyder.

Volgens Raadslid Piet Strydom was die 20 swartsakke wat hy gebring het binne enkele minute oorlopens vol. “Die vullis is ‘n gesondheidsrisiko vir die inwoners, die gebied het dringende ingryping van die Munisipaliteit nodig.” Het Strydom gesê.

Ten tye van pers het Thabazimbi Munisipaliteit steeds nie die vullis verwyder nie. Foto’s: Raadslid Franco Loots.