Glyskaalbedrog strook

Ek het ondervinding van wat JA Vorster skryf rakende die glyskaalbedrog.

Sy redenasie en berekenings is heeltemaal korrek. Ek lees nou self my elektriese meter op die 10de van elke maand en epos dit direk na UMS. Nogsteeds ignoreer hulle dit en registreer my verbruik vir verlede maand ‘n ronde nul.

Volgende maand gaan ek dus onregmatig besteel word agv die glyskaal.

Kom ons staan saam en roer die munisipaliteit dmv die belastingbetalersvereniging.

ONBEVOEGDHEID SAT