FNB-span wen waterpunt prys

Wenners van die Kumba Marakele Marathon Waterpunt, vlnr: Ampie Venter (ereveldwagter), Kobus Jacobs (FNB bestuurder), Clair Ntshane (Marakele Park Bestuurder), Dalene Jacobs (FNB), Liezel Fourie (FNB) en Christopher Visagie (FNB).

MARAKELE – Die Derde Kumba Marakele Marathon het op 3 Maart plaasgevind. Die deelnemers het dit baie geniet en die hoogtepunt volgens hulle was om in die ongerepte natuur te kon hardloop.

Die wedloop het plaasgevind binne Marakele Nasionale Park en is geborg deur Kumba Myn. Gedurende die wedloop is daar waterpunte waar deelnemers van water en koeldrank voorsien word. Na die wedloop word verwag van deelnemers om die vriendelikste en mees ondersteunende waterpunt aan te wys.

Hierdie jaar na stywe kompetisie is die span van FNB aangewys as die wenspan.

Die organiseerders wil weereens die borge vir die waterpunte bedank. Die ondersteuning word opreg waardeer. Die borge was Kumba Iron Ore, Oasis water, Standard Bank, Absa, FNB bank, Pick n Pay en Lavanti Makelaars.

Die Marathon is besig om te groei en behoort binnekort die prestige geleentheid in die Limpopo provinsie te word, soos dit blyk uit die terugvoer wat verkry is van die deelnemers. Die wenner van die 42.2km wedloop is Paula Quinsee wat hierdie jaar deelneem aan nege wedlope, een in elke provinsie. Sy het die vorige rekord verbeter met meer as 2 minute. Sy neem deel vir die span wat hardloop vir die ‘Starfish Greathearts Foundation’. Haar skedule was soos volg: 28 Jan – Ottosdal, 5 Feb – Sasolburg, 12 Feb – PnP (Gauteng), 18 Feb – Battlefields (KZN), 25 Feb – Buffs, EL (Ecape), 3 Maart – Marakele, 10 Maart – Diamant (KBY), 17 Maart – Weskus en 24 Maart – Witbank.

Die ‘Starfish Foundation’ is ‘n liefdadigheidsorganisasie wat beoog om 200 hardlopers te kry om elk R5000 in te samel tot voor die Comrades.

Belangstellendes kan registreer as ‘n ‘Greatheart’ op die volgende webwerf: https://www.facebook.com/starfishcharity?sk=app 293996810656440.