Drie medaljes vir Limpopo Jukskei

KROONSTAD – Die SA Senior Kampioenskappe was vanaf 31 Maart – 5 April te Kroonstad aangebied.

Unies van oor die land asook Namibië het deelgeneem. Limpopo se spelers het drie medaljes in die Dubbels gewe.

Mans – Silwer – Francois van Zyl en Petrie Boshoff. Gemeng O/30 – Silwer – Johan van Zyl en Andrie Marais. Dames O/30 – Brons – Suzaan Cloete en Paula Kotze. Spanne het meegeding vanaf 2 April – 5 April en het as volg geëindig: Dames – Uniewinkel trofee – 12de plek. Pikkie Uys trofee – 14de plek. Mans – Kopersbond trofee – vyfdeplek. Sanlam trofee – 14de plek. Veteraan – Caltex trofee – 7de plek. Slanghoek trofee – 13de plek. O/30 Gemeng – vyfdeplek.

Noordstreek Kampioenskappe – Limpopo spelers was goed teenwoordig in die Noord-Oos streek.

Francois en Johan van Zyl was uitblinkers in die O/30 afdeling. Francois het SA kleure in die afdeling verwerf en Johan was vir die SA A-span gekies. Groottotaal: Manser Trofee – Eersteplek – Gauteng Noord, tweedeplek – Noord-Wes, derdeplek – Noord-Kaap en Limpopo in die agtste plek.

Tussen 15 en 18 Unies was verteenwoordig in die sewe afdelings.