Avonturiers oppad na Grootfontein

Die prag plaas, Grootfontein, speel hierdie naweek gasheer vir die eerste Grootfontein Adventure Experience vir veral die aktiewe en buitelewe entoesias.

THABAZIMBI – Thabazimbi is op die “map” hierdie naweek…met nie net die lankverwagte Wildsfees nie, maar dan ook die komplimenterende “GROOTFONTEIN ADVENTURE EXPERIENCE” op die pragplaas Grootfontein so 25km uit die dorp…kyk uit vir aanwysings vanaf Rhino Myn op die Northam pad, of die Makoppa afdraai op die Dwaalboom pad.

Toegang by die GrootAdventure terrein is R50 vir grootmense en R25 vir kinders onder 12. Omdat dit mag beteken dat sommige besoekers “dubbel”

betaal wat beide bestemmings wil besoek, gee Grootfontein R10 afslag vir alle besoekers wat bewys toon dat hulle ook by die Wildsfees ‘n draai gaan maak

het en ‘n gratis rit op enige van die aktiwiteite – meer daaroor hieronder.

Geregistreerde bergfietsryers kom verniet in (registrasie by die Wildsfees Vrydag of per www.grootadventure.co.za).

Die Grootfontein Adventure Experience is die eerste poging om iets anders te bied vir veral die aktiewe (self agter ‘n 4×4 se stuurwiel!) buitelewe

entoesias. En wat is mooier die tyd van die jaar as om die herfs in die Bosveld te geniet en langs ons Krokodilrivier bergfiets te ry (jaag!), te foefieslide, te abseil, met jou eie 4×4 om die wildkyk en  4×4 rit te kombineer, jou seun sleg uit te stof in boogskiet-kompetisie, en die aand af te sluit met ‘n lekker happie en dop by The Butler se Kos en Biertent.

Nota: Ons vra “Bosveldpryse” vir van die aktiwiteite…bring maar kontant saam as die sein nie altyd sterk genoeg is vir kredietkaarte nie.

Deurgaans word pret en kultuur met ses meestal Afrikaanse Orkeste en ja…daar is kampplek vir die wat spring, self-braai is definitief ‘n opsie,

bring jou visstok en/of vierwiel motorfiets (meld net eers by Ontvangs aan voor jy wegval!) en hulle is oop Vrydag so van laat oggend en Saterdag heeldag (en nag as ons Thabazimbiërs ken!). Bring gerus eie stoele, kamptafels, sonsambreel, swemklere (as jy kans sien vir die rustige Krokodil) en kom kies ‘n lekker Apiesdoring koelte. Los asseblief piekniekmandjies en eie drank by die huis. Daar’s BAIE te doen vir die jonges en kleintjies!

Fietsryers…daar is nog plek in die 6km of 12km pretrit (begin 9:30) of iets met meer om die lyf – 30km (8:30 – ons “mooie”), 36km (8:00 – extreme)

en 50km (8:00 – taai, maar doenbaar). Registrasie vanaf 6:00, Saterdag 28 April.

Meer inligting per www.grootadventure, jan@grootadventure, 079 900 4876 of Cobus van Grootfontein op 083 632 0670.

Ingestuur deur Jan Grobler.