Virseker bevestig dat daar ‘n behoefte aan Huistaal produkte bestaan

Promosie Artikel

‘n Onlangse peiling, wat op Facebook gedoen is, toon daar is beslis ‘n behoefte aan dienste wat in die kliënt se huistaal gelewer word. Dit bevestig die gedagterigting agter Virseker, Suid-Afrika se eerste versekeringsproduk wat op die Afrikaanssprekende gemeenskap gemik is en al sy versekeringsdienste – van die kwotasie tot die polis se ondertekening – in Afrikaans lewer.

Die peiling is met ‘n oorweldigende positiewe reaksie begroet en ondervraagdes het kommentaar gelewer soos: “Einde ten laaste, wanneer jy Afrikaanstalig is en in jou moedertaal bedien en gehelp word, praat dit met jou hart. Hoewel die gesegde reeds ‘n cliché is en as gereelde bemarkingsfoefie gebruik word, bly dit nietemin waar: jou huis is (en hoort) waar jou hart is.”

“Sedert ons bekendstelling in Maart laasjaar het ons daarin geslaag om ’n beduidende getal polishouers te lok en ons is reeds ’n bona fide-speler in die hoogs mededingende korttermyn-versekeringsbedryf,” sê Ricardo Coetzee, woordvoerder vir Virseker. “Ons skryf ons sukses daaraan toe dat baie Suid-Afrikaners dit geniet om in Afrikaans, hul moedertaal, met ons te kan kommunikeer.”

Virseker het ook ‘n sterk sosiale element, die Virseker Trust waar ‘n persentasie van die polishouer se premie in ‘n trust geplaas word – teen geen bykomende koste nie. Dié geld word aan opvoedingsake bestee wat die Afrikaanssprekende gemeenskap na aan die hart lê.”

“Die krag van die Virseker Trust lê daarin dat alle Afrikaanssprekendes opleiding finansier deur hul koopkrag te mobiliseer,” sê Dr. Dirk Hermann, voorsitter van die Virseker Trust.

Virseker bied nie net omvattende dekking vir voertuie, huisinhoud en geboue nie, maar ook produkte soos “MIV-beskerming”, “Bystand” en “Gatsakbonus”,

“Uiteindelik bied Virseker gehalteversekering wat daarop gemik is om die polishouer in enige situasie gemoedsrus te gee,” meen Coetzee. “Dis ‘n uitstekende produk wat deur uitstaande kliëntediens gerugsteun word..”

Virseker se sukses word verder gerugsteun deur hoogs innoverende bemarking- en advertensieveldtogte waarin die wese van die Afrikaanssprekende gemeenskap in ‘n snaakse, maar ook opvoedkundige manier vasgevang word. Die veldtogte, wat Pendoring-benoemde advertensies en vennootskappe met gewilde Afrikaanse geleenthede soos ekspos, konserte en plaaslik vervaardigde flieks insluit, het opnuut gewys hoe belangrik die gebruik van huistaal is wanneer daar met teikengehore gekommunikeer word.

“Die komende jare gaan gewis opwindend wees,” sê Coetzee. “Ons het nou ‘n stewige fondasie waarop ons kan bou en daar is geen twyfel Virseker sal van krag tot krag gaan in die lewering van dienste wat die waardes in ons bekende lokfrase “Jou versekering, jou mense, jou taal”  weerspieël nie.”

Vir meer oor Virseker besoek ons webblad by www.virseker.co.za of skakel  0860 08 36 77 om met een van ons konsultante te gesels.