Top musiek vermaak by Wildsfees

Thean Kotze en Leon Ecroignard – Vrydag 18:00.

THABAZIMBI – Tien topklas musiek-name tree die naweek tydens die jaarlikse Wildsfees op.

Peter Hoven – Vrydag 19:00.

Op Vrydag 27 April kan feesgangers uitsien na Thean Kotze en Leon Ecroignard om 18:00, Peter Hoven om 19:00, die Ses Snare om 20:00, Blackie Swart om 21:00 en MD Greyling en Wouter van de Venter om 22:00. Op Saterdag skop Idols wenner David van Vuuren die musiekfees af om 18:00, gevolg deur Beeskraal om 19:00, NRG om 20:00, Nicholis Louw om 21:00 en die uitmuntende Heuwels Fantasties om 22:00.

Die Heuwels Fantasties – Saterdag 22:00.