Toerisme Toer na Kaapstad

KAAPSTAD – Die Toerisme leerlinge van HFM het vanaf 1-6 April ‘n onvergeetlike Toer na die Kaap onderneem.

Behalwe vir sekere kleiner insidente was die beplanning van die toer uit ‘n organisatoriese oogpunt, ‘n reuse sukses. Die Toer het die kinders onder andere na verskeie besienswaardighede in en om Kaapstad geneem. Die mees gewildste hiervan was beslis die uitstappie na Tafelberg, Robbeneiland, die wynroetes in en om Stellenbosch sowel as die uitstappie na Seepunt.

Die kinders se gedrag, met enkele uitsonderings, was prysenswaardig, veral dié van die seuns.

Die leerlinge bedank me Swart vir die toer en verseker haar dat die uitstappie vir lank onthou sal word. Mnr Botha bedank ook me Marais en mnr Du Toit dat hulle hierdie toer op kort kennisgewing meegemaak het.