Thaba “vrot” van dwelms

Wat ‘n groot skok, om op dié herfsoggend te moet uitvind dat ons pragtige plattelandse dorpie “vrot” van dwelmslawe en hul verskaffers is.

Ja, dat selfs van jou eie jong familielede slawe is! Verder vind ek uit dat die slawe wat probeer “skoon” kom, te bang is om inligting te verskaf, want hulle sal “uitgehaal word”. Bekamping deur verantwoordelike instansies is blykbaar nie na wense nie.

Een bose kringloop! Enige inligting wat deurgegee word, word nie opgevolg nie, hoekom nie? Is korrupsie aan die orde van die dag? Wat meer is daar om te sê? Daar is konkrete bewyse! Kom ons bid vir oud en jonk wat betrokke is, “Ons Hemelse Vader, roei asseblief hierdie addernes uit.”

“Hoog” bekommerd van Thaba