HFM Hokkie Tweedes wen Puk-Reeks

Die Tweede Hokkiespan van HFM wen die Puk-reeks. Saam met hulle op die foto is hul afrigter, Esti Eckard.

POTCHEFSTROOM – Die Tweede Hokkiespan van HFM behaal die uitsonderlike prestasie om gekroon te word as die beste Tweede Hokkiespan van die Puk-Interprovinsiale Sportreeks.

Daar het agt puik skole deel geneem aan die reeks, vanuit Limpopo, Noordwes en Gauteng. Hierdie span wen die liga deur die volgende wedstryde te wen: H/S Oos Moot (2-0), H/S Ben Vorster (1-0) en H/S Volkskool (2-1).

Hulle het Saterdag 14 April vir die Finaal van die Puk-reeks op die Astro-veld van die Hokkie Akademie in Potchefstroom gespeel. In ‘n baie harde wedstryd wen hulle die span van Lichtenburg met een doel teenoor geen. Die doel word aangeteken deur Marlize Minnaar. Geluk aan die span en hul afrigter, Esti Eckard.