Groot opkoms by SmartBrain gholfdag

THABAZIMBI – Die Northam Toyota SmartBrain Gholfdag wat op Saterdag 31 Maart te Thabazimbi Gholfbaan aangebied was, het heelwat spelers gelok.

Die eerste tien plekke het gegaan aan: J Benzien (103), N Steenkamp (99), L Vermeulen (97), R Bauwer (96), S Grobler (94), T Motheelane (94), C Rall (93), B Botha (93), C Penzhorn (93), G Snyman (89) en M Hoffmann (89).

Die organiseerders bedank al hul borge wat die dag moontlik gemaak het sowel as die deelnemers en gesinne wat die heerlike dag saam geniet het.

Hou Kwêvoël dop vir SmartBrain Kidz se volgende projek. Foto’s verskaf.