Gholf eerste liga wedstryd

THABAZIMBI – Die gholf liga het weer aangebreek vir HFM en die gholfspan se eerste wedstryd tuis was teen Heuwelkruin van Polokwane.
HFM skryf A, B en C-liga spanne vir die jaar in. Die spelers was baie opgewonde en gereed vir die dag se gholf. Alhoewel Heuwelkruin ‘n uur laat was, het dit nie die seuns se moed gebreuk nie en almal het goeie gholf gespeel, en wen al drie wedstryde. Slegs een individuele wedstryd is verloor. Die uitslae is: A-liga: HFM wen 4-0, B-liga: HFM wen 3-1 en C-liga: HFM wen 4-0. Die spelers word geluk gewens met die goeie prestasie. Daar word uitgesien na ‘n baie goeie gholfjaar en goeie seisoen wat voorlê. Die volgende wedstryd is Vrydag te Warmbad.