Een-stop by Thaba Boog en Hengel

Desré Pretorius en Chris Welgemoed staan gereed om kliënte van Thaba Boog en Hengel met kundigheid te adviseer.

Promosie Artikel

THABAZIMBI – Thaba Boog en Hengel in Vanderbijlstraat 31, bied ‘n wye reeks gespesialiseerde produkte aan teen kompeterende pryse.

Dié indrukwekkende besigheid se mark is nie net gemik op die plaaslike vissermanne, jagters en buitelewe-entoesiaste nie, maar ook dié van die stad wat die omgewing besoek en van hul een-stop-diens gebruik wil maak.

Boog-, kruisboogjag en hengel vorm die basis van die produktereeks maar die aanvullende produklyne maak ‘n groot gedeelte van die produkte uit.

As deel van die hengelgerei word stokke, katrolle, nette, lyn, ensomeer aangebied vir swartbaar-, kurper-, karp en spesiehengel. Hier is ook pragtige kombinasiestokke, van alle kleure, vanaf slegs R80. Shimano, Daiwa en Okuma se produkte word in voorraad aangehou.

Mathews, Mission, Hoyt, Ross, Bear en Elite boë word aangehou wat wissel van kinderboë tot kragboë. Jagpunte, pyle, teikens en alle bybehore wat benodig word vir boogjag en die opstel van ‘n boog, is beskikbaar. Die pryse van die boë wissel van R3000 tot R13000.

Drie bekende make kruisboë (Scorpyd, Excalibur en Barnett) vorm ook deel van die arsenaal. Die kragtige Scorpyd skiet ‘n pyl teen 430 voet per sekond en kos R16999 terwyl die Barnett Jackal pakket teen slegs R4300 verkoop.

Bogenoemde word aangevul met kamofleerdrag (Sniper), flitse, “fishfinders”, verkykers, Nikon “rangefinders”, skoene, “pop-up-blinds”, windgewere van Gamo en Air Arms, teleskope, slaapsakke, tente, kampeerstoele en tafels, wildskameras, messe en nog vele meer.

Herstelwerk aan boeë, soos die vervanging van snare word ook deur Chris behartig, kontak hom gerus vir ‘n kwotasie.

Daar is ‘n verskeidenheid spesiale aanbiedings wat strek regdeur die Wildsfees naweek vanaf 27 tot 28 April, terwyl voorraad hou.

Besoek gerus dié topklas boog en hengel winkel in Vanderbijlstraat 31 of kontak hul bekwame personeel by 014 777 2084 of 014 772 1905 of 071 696 1366.