Dogter opsoek na haar Pappa

‘n Foto van Nadine se ouers.

THABAZIMBI – ‘n Jong dame van Hartbeespoort is die afgelope twee dekades opsoek na haar biologiese pa.

Nadine Jacobs, gebore 22 April 1990 is die dogter van wyle Miekie Jacobs (gebore 2 November 1973). Nadine was maar ‘n skamele jaar oud toe haar ma, Miekie verongeluk het. Nadine besit slegs een foto van haar ouers.

Die vermoede bestaan dat Nadine se biologiese pa in Thabazimbi woonagtig is.

Nadine kan gekontak word by 0823675416.